En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.
TSK
TSK · Joshua 2:6
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe
En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie.
Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Asriël, en Selémja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.
Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?