Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
TSK
TSK · Lamentations 2:19
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.
Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.
As ek uitgaan in die veld, lê daar die wat verslaan is deur die swaard; en as ek kom in die stad, is daar die kwale van die hongersnood. Ja, selfs profeet en priester trek rond in die land sonder om iets te weet.
Alef. Ag, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooi op die hoek van al die strate!
As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.
Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.
En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.
En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.