TSK

TSK · Lamentations 4:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.

Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug--en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.

Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei--

En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. En Juda is uit sy land in ballingskap weggevoer.

en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.

Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert;

Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk

en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak, 'n onheil vir al die koninkryke van die aarde, 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n spot en 'n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;

Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.

nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.