Die vertroetelde en baie verwénde man by jou--sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
TSK
TSK · Lamentations 4:5
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.
Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!
Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom om die kinders van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.
julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!
En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.