TSK

TSK · Leviticus 1:9

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.

Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.

En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE.

maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.

En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,

En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei--'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.

Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.

toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk na al die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.

En 'n kamer met sy ingang was by die deurposte by die poorte; daar het hulle die brandoffer afgespoel.

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.