TSK

TSK · Luke 11:49

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.

John 16:2 TSK

Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.

Acts 7:57 TSK

Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.

Acts 9:1 TSK

Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan

Acts 22:4 TSK

Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.

Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,