TSK

TSK · Mark 3:10

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,

en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

Mark 5:34 TSK

En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

Luke 7:2 TSK

En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.

En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,