Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?
TSK
TSK · Matthew 21:37
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.
Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun