Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
TSK
TSK · Matthew 25:35
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
As daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
(die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.
Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met 'n kleed toedek die wat naak is,
Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.
En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon.
Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
Maar soos julle in alles oorvloedig is--in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons--sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.
Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.
As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.