Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.
TSK
TSK · Micah 1:16
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.
Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
En in dié dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van die HERE teen ons het nie bedaar nie.
Skeer jou mooi hare af, o Jerusalem, en gooi dit weg, en hef op die kaal heuwels 'n klaaglied aan; want die HERE het die geslag van sy grimmigheid verwerp en verstoot.
Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene 'n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag.