Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.
TSK
TSK · Micah 5:6
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.
Maar in die vierde jaar van koning Hiskía--dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel--het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër;
En Kus was die vader van Nimrod; hy het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.
Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.
Wee Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy--in hulle hand is my grimmigheid!
om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.
Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge.
Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninevé tot 'n verwoesting maak, dor soos die woestyn.
redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,