TSK

TSK · Nehemiah 11:3

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Ezra 2:1 TSK

En dit is die inwoners van die provinsie Juda wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge wat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad;

Ezra 2:55 TSK

die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Hassoféret, die kinders van Perúda;

Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig;

Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.