TSK

TSK · Numbers 1:3

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.

Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo--dié moet jy tel.

Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie--

Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee en gesê: Die HERE julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek--al die dapper manne.

En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyf honderd duisend man.

Verder het Ussía 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.