Genesis 30:24
TSK
En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!
En Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.
Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.
Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete.