TSK

TSK · Numbers 16:32

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.

Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.

Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.

en wat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van Elíab, die seun van Ruben, gedoen het--hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;

die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.

En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.