Toe lê die HERE 'n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
TSK
TSK · Numbers 22:20
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die HERE het Bíleam ontmoet en 'n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.
Hulle was nie weg van hul begeerte nie- hulle voedsel was nog in hulle mond-
Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.
Ek gee jou 'n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.