En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 'n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was.
TSK
TSK · Numbers 32:33
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
Daarna het ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Edréï.
En hierdie land het ons in dié tyd in besit geneem: van Aroër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.
Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.
en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.
En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.