TSK

TSK · Numbers 6:25

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun!

Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!

My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.

Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen--sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.