En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
TSK
TSK · Proverbs 1:26
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Psalms 2:4
TSK
Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
Proverbs 3:34
TSK
As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
Proverbs 10:24
TSK
Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
Proverbs 19:29
TSK
Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.