TSK

TSK · Proverbs 14:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie--ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.

Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.

Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.

Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.

En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.

En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.

Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.