TSK

TSK · Proverbs 16:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.

Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is--woorde van waarheid.

Luke 4:22 TSK

En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?

Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.