Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
TSK
TSK · Proverbs 16:22
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.