Psalms 37:16
TSK
Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem--dodelike valstrikke.
'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.
Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.