Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring, Agitófel, die Giloniet, 'n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.
TSK
TSK · Proverbs 17:11
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.
En daar was by geval 'n deugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet--hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o Israel!
En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte--Adónia sal sekerlik vandag gedood word!
Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
Hulle antwoord Hom: Die slegte mense--hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.