TSK

TSK · Proverbs 19:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;

verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.

Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.