TSK

TSK · Proverbs 2:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?

Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

Luke 2:19 TSK

maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

Luke 9:44 TSK

Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.

Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.