TSK

TSK · Proverbs 20:7

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 1:1 TSK

Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.

'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.

'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.

Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie--

Luke 1:6 TSK

En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.

Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.

want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.