TSK

TSK · Proverbs 24:31

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie--vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.

In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.

Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.

En by wie in die dorings gesaai is--dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.