TSK

TSK · Proverbs 6:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.

Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.

En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?

Waarom het jy die woord van die HERE verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.

Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?

En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.