TSK

TSK · Proverbs 8:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 38:4 TSK

Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

Job 38:11 TSK

en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.

Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Sou julle vir My nie bevrees wees nie, spreek die HERE, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, 'n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.