TSK

TSK · Psalms 6:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

Job 19:21 TSK

Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.

Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;

Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

Tugtig my, HERE, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.

Hosea 6:1 TSK

Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.