TSK

TSK · Psalms 64:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.

'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek.

Maar ek was soos 'n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!

Maar U, HERE, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot 'n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.

Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!

Acts 24:9 TSK

En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.