All books in Afrikaans

Psalms 70

Afrikaans · chapter 70

150 hoofstukke

Afrikaans / Psalms / hoofstuk 70

Afrikaans · chapter 70

1 V ir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.

2 o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help!

3 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.

4 Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming.

5 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!

6 Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!