TSK

TSK · Romans 8:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,

sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;