En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,
TSK
TSK · 1 Chronicles 25:2
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,
Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;
En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf.
'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.
Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.
'n Lied. 'n Psalm van Asaf.