TSK

TSK · 1 Chronicles 3:12

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

In die tweede jaar van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, het Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.

En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.

En Hoséa, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jótam, die seun van Ussía.

Vyf en twintig jaar oud, het Amásia koning geword, en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan, van Jerusalem.

Jotam was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.