TSK

TSK · 1 Samuel 4:21

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.

En Ahía, die seun van Ahítub, die broer van Ikabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jónatan weggegaan het nie.

En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.

En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.

Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.