Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
TSK
TSK · 2 Samuel 1:2
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.
Toe het 'n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en grond op sy hoof.
Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.
hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! --terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring--het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!
Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.
Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.