TSK

TSK · 2 Samuel 2:18

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Saul en Jónatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.

Asahel, die broer van Joab, was onder die dertig; Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.

Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.

Amos 2:14 TSK

sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.