TSK

TSK · Deuteronomy 33:17

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal 'n menigte van nasies word.

God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van 'n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.

Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee en dertig duisend vyf honderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.

want die gebergte sal joue wees--'n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.

En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel--want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;

En die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.

en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

Job 39:9 TSK

Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.

Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.

Hosea 5:3 TSK

Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.

Hosea 7:1 TSK

Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat.