TSK

TSK · Exodus 4:27

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.

Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.

En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.

Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb.

Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.

Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.