TSK

TSK · Genesis 30:4

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin--nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het--en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.

En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.

maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.

En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel;

Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.