Genesis 37:30
TSK
en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
TSK
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
En toe die HERE Elía in 'n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.
En Elísa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.
'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.
Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.