TSK

TSK · Hebrews 9:3

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.

Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.

En die voorhangsel het hy gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi en fyn linne en daar gérubs op aangebring.

Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste.

en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel

Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus