Genesis 21:6
TSK
En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
TSK
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!
'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.