Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.
TSK
TSK · Luke 2:37
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.