TSK

TSK · Luke 8:48

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Toe gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.

En hy sê vir hom: Gaan in vrede! Nadat hy 'n ent pad van hom weggetrek het,

En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

Luke 7:50 TSK

En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.

en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.