TSK

TSK · Nahum 2:13

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

En die rábsake sê vir hulle: Sê tog vir Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië! Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?

En toe hy van Tirháka, die koning van Kus, hoor sê: Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg--stuur hy weer boodskappers na Hiskía met die opdrag:

Hierna het Sánherib, die koning van Assirië--hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis--sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehiskía, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:

Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

Wee jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.

Sal van 'n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van 'n regverdige ontvlug?

Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.

daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;

en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.

daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; en Ek sal Egipteland 'n volkome puinhoop maak, 'n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.

en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

Nahum 3:1 TSK

Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!

Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.