TSK

TSK · Nehemiah 13:26

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.

Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.

En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese--

Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.

So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde in rykdom en wysheid.

En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.