TSK

TSK · Nehemiah 8:2

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.

En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;

Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.

En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.

Op dié dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,

Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.